VRUGTEBLOKKIES
125 g bruinsuiker
250 g botter
250 g son-droë vrugtekoekmengsel
100 g glanskersie gekap
2 eiers, liggies geklop
2 pakkies Tennisbeskuitjies
5 ml vanieljegeursel
Smelt bruinsuiker en botter saam totdat suiker opgelos is. Kook vir 1 min.
Voeg vrugtekoekmengsel en kersies by. Prut 3 min.
Laat die mengsel goed afkoel en voeg die geklopte eiers eiers by. Prut vir 1 min. Voeg vanielje by.
Breek 1 pakkie Tennisbeskuitjie ruweg en meng dit deur die vrugtemengsel.
Voer ‘n gesmeerde pan 23cmx30cm uit met die ander pakkie Tennisbeskuitjies. Skep vrugtemengsel in pan en laat afkoel.
Sny gestolde mengsel in blokkies. (vries ook goed)
Resep geplaas deur Annelie van der Merwe-Kruger








