SPRINGBOK GOULASH
Nou ja hier volg my resep v Springbok Goulash.. Self aanmekaar gelas en glo my het myself verbaas… Net twee gewees en die pot is leeg..
1 kg Goulash (Marineer so 3 ure in bietjie bakpoeier en 1 koppie melk)
2 groot uie gekerf
3 groot worlets gekerf
5 artappels klein blokkies gekerf (Nie te klein)
3 groot tamaties (vel verwyder en blokkies gekerf)
1 tamatie paste
1 eetlepel groen Kerrie
1 eetlepel medium Rajah Kerrie
3 knoffel huisies
knippie fyn koljander
knippie fyn naeltjies
Squirt Worsestersauce
Sout
Peper
Appelkoos konfyt
Braai Uie, Kerrie poeier, koljander, naeltjies en knoffel saam..in bietjie Olyf (of kook) olie.. Skep uit en hou eenkant.. Braai nou die Goulash nie te lank nie, kan nog bietjie olie by voeg.. Spasieer jou artappels en jou wortels bo-opvleis, so ook die Gebraaide uie mengsel.. Gooi sout en peper by..Voeg 2-3 koppies Warm water oor.. Laat prut op hoog v 1/2 uur.. water moet al redelik min wees.. Stel stoof op 3.. Gooi tamatie stukkies, borrie, Tamatie paste, so 3 eetlepels fyn appelkooskonfyt en Worcester sauce.. Kook nog so half uur.. Sous sal begin dik raak.. As artappels dalk nog bietjie hard is, kan jy hom nog afstel en baie stadig laat prut.. (Sousie is lekke dik, myne so bietjie gepotbraai) Kan dalk nog bietjie water nodig he, wees net versigtig.. kan dalk brand.. Het Sun dried Tastic rys by gemaak… Was regtig heerlik en geen wild smaak…








