SOUSKLUITJIES VIR DIABETE
Sous:
1 liter water
20 sakkies Selati versoeter
15 ml margarien
5 ml vanielje geursel
7 ml kaneel
1 ml sout
Kook alles saam in ‘n groot pot met ‘n deksel wat STEWIG pas.
Deeg:
250 ml bruismeel
2 ml bakpoeier
1 ml sout
15 sakkies Selati versoeter
60 ml margarien
1 Jumbo grootte eier
120 ml yskoue water
Sif al die droë bestanddele saam. Voeg versoeter by.
Smelt die margarien in die mikrogolf en meng met die eier.
Voeg by droë bestanddele. Meng goed deur.
Voeg nou die water bietjies bietjies by totdat die deeg taamlik styf is.
Skep lepelsvol deeg op ‘n meelbestrooide bord. Keer die bord om bo oor die vinnig kokende stroop.
Sit die Deksel op, verlaag die hitte en kook vir 10 min. MOENIE LOER INI POT NIE!
Bedien dadelik.
Resep en foto: Wilma Josey Venter
All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.
Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.








