

SOFT FUDGE-SAGTE FUDGE
“Mamma se fudge in ‘n botteltjie” in die mikrogolf
1 blik kondensmelk
2 koppies strooisuiker (Castor sugar)
125 g kook margarien
5 ml vanilla geursel
Plaas al die bestanddele in ‘n DIEP GLASBAK (2 liter)
Kook op 100% krag vir 2 min – moenie dit roer nie.
Haal uit en giet die vanilla geursel by.
Klop dit nou baie, baie goed met houtlepel.
Sit dit terug vir 10 min op 100% krag.
* Haal uit en klop weer baie, baie goed. *
Giet uit in vierkantige vlak bak.
Laat effens afkoel voor jy dit in blokkies sny.
Notas:
Annetjie van Huyssteen:
Myne is altyd so dat jy met lepeltjie kan eet… Alhoewel dis nie loperig is.
Jy kan enigiets inroer sjokolade ook lekker.
Myne sit ek nie in yskas nie, maar dit hou nie so lank nie, ons eet dit te vinnig.
* Moenie die fudge te veel klop nie. Giet dit in klein botteltjies (foto) en verseël dadelik. *
Resep geplaas deur Annetjie van Huyssteen
Foto: Rina Kleinhans






