SOETSUUR SOUS VIR LEWER OF VARKSTRIPS
Baie lekker by varkvleis, lewer en in wildsvleis-lasagne.
2 fyn gekapte uie
2 robot pepers , ontpit en in dun skywe gesny [soetrissie]
2 knoffel huisie gepars of fyn gekap
2 grof gerasperde middelsalg wortels
1 seldery stingel, in skyfies gesny
½ koppie stroop van ingemaakte pynappels
½ koppie asyn
½ koppie tamatie puree
1 eetlepel soyasous
½ koppie soetwyn
4 eetlepels bruin suiker
2 – 3 eetlepels maziena, aangemaak met ‘n bietjie koue water
1 koppie ingelegde pynappel stukke
fyn gekapte gemmer of 2 eetlepels ingemaakte gemmer, fyn gekap
sout en peper na smaak
Verhit olie in ‘n swaarboom kastrol en braai die uie, soetrissie, knoffel wortels seldery tot sag, ook die gemmer as vars gemmer gebruik word.
Voeg die pynappelstroop, asyn,tamatie puree, soyasous, soetwyn en suiker by die uie mengsel. Prut vir 10 minute en roer gereeld om.
Voeg aangemaakte maziena by en kook vir 2 minute en roer deurentyd.
Voeg pynappel en as ingelegde gemmer gebruik word by.
Geur met sout en peper.
Bedien met varkvleis en gebraaide lewer-repe of lewer koekies.
Resep: Rene Truter Wessels