1 blik ingedampte melk
250 ml kookwater
750 ml litchi sap
3 pakkies groen jelliepoeier
Verkoel die ingedampte melk oornag in die koelkas of vir ‘n paar uur in die vrieskas.
Maak jelliepoeier aan met die kookwater.
Voeg die litchi sap by en meng.
Laat dit afkoel tot dik, maar nie gestol nie.
Klits die ingedampte melk tot ‘n dik skuim en vou die jelliemengsel daarby in.
Verkoel tot gestol en versier soos verkies.
Ek sou graag ‘n paar tennis koekies krummels daar oor wou strooi, maar met 2 tiener ruspers in die huis, was die koekie kas natuurlik leeg.
Gillian Bredenhann
geskuif