LEKKERSTE WORTELKOEK OOIT
Klits 3 eiers en 375 ml suiker goed saam tot lig.
Voeg by 250 ml olie en klits goed saam.
Sif saam in aparte bak:
500 ml koekmeel
5 ml koeksoda
10 ml bakpoeier
5 ml neutmuskaat
7 ml kaneel
Voeg by eiermengsels en meng goed.
Rasper 4 medium wortels grof, en voeg by saam met 1 koppie pitlose rosyne en 125 ml gekapte okkerneute.
Meng goed en sit in gesmeerde koekpan. (lees Adam se nota)
Bak in voorverhitte oond op 160º C vir 75 minute.
Keer uit na dit afgekoel het en versier met die volgende.
Versiersel
Klits 250 ml botter baie goed. Vou in met ‘n lepel 1 en ‘n driekwart bakkies (230-250 g elk) Simonsberg roomkaas, meng goed deur, maar moenie klits nie.
Sif by 375 ml versiersuiker en 2 ml vanilla essense en meng goed saam.
Versier wortelkoek en sprinkel met okkerneute.
– My vriendin Monica se ma se resep. – Leanne Thurston Coetzer
Nota: Rina Kleinhans – Ek gebruik die blokke roomkaas, dit werk perfek en raak nie pap nie, maar is bietjie duurder.. probeer gerus
Foto: Adam Cloete
Maak net seker dat jou oond se hitte laag is soos die resep aandui. Ek het die beslag in twee klein pannetjies gebak om nie te sukkel met deursny vir ‘n laagkoek nie. Daarvoor het ek dit bietjie korter gebak omdat die koeke heelwat platter was as wanneer dit alles in een pan sou wees.
2 de Foto: Heather Strumpher
Nota: Gebruik Philladelpia roomkaas, die ander is geneig om nie so lekker styf te word nie..
Judy Hendriks – Foto 3
Cupcakes gebak net 20 min met creamcheese en botter icing…..was lekker hoor en nogmaals dankie vir jou resep!!
Elrein van Heerden
Cupcakes gebak teen 180 ºC vir 15-20 min en dit is regtig heerlik

Wortelkoek en met koffie geur icing gebruik en chocolate ganache sweeties.
Foto van Resep: Anita Janse van Rensburg

Foto: Louwtjie Beck: En ons het eindelik ‘n wenner, Food Lovers se Lekkerste Wortelkoek ooit. Op jul webblad. Floppit, dit is veersag. Ek het dit slegs op 160 ºC gebak, en nie 180. vermoed my oond is net te warm.

Foto: Kristie Townsend
Kommentaar: Kristie Townsend
Dankie dankie dankie! As ingebore bakster wat altyd opsoek is na dis beste en lekkerste resepte is die een definitief op my lys! My versiersel is my eie ek plaas die resep saam! Ek het nie neutmeskaat gehad nie toe gebruik ek all spice. Ek het ook nie rosyntjies gehad nie toe gebruik ek fruit mix. Ons het niks neute in die kas gehad nie toe gebruik ek crunchy peanut butter. Ek het sommer aarbei jam gebruik vir in die middel! 1ste Keer wortelkoek vir my en WOW!!! Baie dankie dis so maklik en lekker resep! Ek het sommer twee foelie bak panne gebruik wat ek in die kas gehad het, gladnie bo gerys nie en lekker bruin. My oond was op 150 Grade Celsius vir 55 min. Sag, val uit mekaar lip lek lekker resep!! Regtig die beste wortelkoek resep!












Geskuif
Elrein van Heerden
My sukses: Het die onderstaande resep gebruik. Net ‘n tip: Het “crushed pineappel” met die sap by gegooi. Maak koek baie moist. (440 g blik) Die beslag is slap maar dit affekteer nie die resep nie.
Suzanne Petersen
Ek te veel wortels gehad toe maak ek vandag die lekkerste wortelkoek ooit wat op die blog is. En dit is die lekkerste ooit. Naam is goed gepas.
Pingback: Melanie Glastrong
Hierdie koek is regtig heerlik.. ek kan hom regtig aanbeveel
Elrein van Heerden
Hi Julle, soe hier het ek toe die wortel koek resep gebruik vir die cupcakes en wat ‘n groot sukses. Proe baie lekker en “moist”
Jy kan Philladelphia ook gebruik, maar die blokkie, nie die bakkie nie. Ek klits ook eers my botter en versiersuiker baie goed, en dan eers die kaas in en klits tot net goed gemeng. Hoe meer jy meng hoe papper word dit.