BEESVLEISPOTJIE
1 kg stowebeesvleis opgesny
olie
1 groot ui opgesny
vars kruie – roosmaryn, tiemie, sage
1 teelepel fyn gemmer
2 teelepels vleisspessery – steak en chops
2 eetlepel asyn
2 eetlepel sojasous
sout/peper
4 groot aartappels geskil en gesny in stukke
4 groot wortels geskil en gesny in stukke of skywe
500 ml kookwater
Braai vleis in olie tot bietjie bruin.
Voeg uie en kruie by en braai nog 10 minute en voeg kookwater by met sojasous, asyn, gemmer en spesery.
Laat kook vir 1 ½ uur.
Pak laag wortels.
Pak laag aartappels op vleis, strooi sout en peper oor.
Kook tot groente sag is, voeg nog water by indien nodig.
Kan sous verdik met bietjie Bisto gemeng met water.
Bedien met rys.
Resep en foto: Marie Dumas Jennings








