Het vanaand nogal iets geniet wat ek eenkeer by ‘n restaurant in Hermanus geeet het. Het skoon vergeet om ‘n foto te neem. Sal volgende keer een plaas.
Kook linguini tot sag. Dreineer. Meng dit met basil-pesto. Skep porsie in bord. Maak ‘n ordentlike hamburger pattie gaar op kole/pan en plaas bo-op pasta. Sny ‘n skyfie tamatie bo-op die pattie en “krummel” blou kaas bo-oor die tamatie/pattie. Rooster vir ‘n minuut of twee onder die oond se element.
Nogal ‘n interessante en smaakvolle kombinasie. Ideaal vir ‘n ligte aandete (alhoewel dit nogal vullend is). Dalk ietsie anders vir ‘n braai . . .
Lorraine Weitz Brand








