

AANGEPASTE VLEISROL
Resep en foto: Chris Agenbag
FOOD LOVERS RECIPES
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Ek het ongelukkig nie ‘n foto vir hierdie een nie, maar dis regtig iets interessant.
Gebruik baie lae-vet maalvleis, want die storie is nogal baie olierig, en hoe meer vet in die maalvleis is, hoe olieriger is die storie.
Berei maalvleis net soos jy dit sal berei vir frikkadelle.
Voeg net nog by die mengsel ‘n klein blikkie tamatiesap. (let wel, net sous nie, maar sap – Tomato cocktail)
Plaas nou ‘n groterige vel aluminium papier (alcon foil) op ‘n plat oppervlakte. Ongeveer so 40cm lank.
Plaas die maalvleis op die vel soos wat jy die deeg van ‘n “jam roll” sal uitpak.
Pak nou die hele maalvleis-blad met enige van die volgende:
LET WEL. DIS NIE DIE ALFA EN OMEGA NIE. GEBRUIK JOU EIE VERBEELDING.
Gerasperde kaas
Sampioene
Aspersies
Fyn stukkies spek (bacon)
Sweet Corn
fyngekapte green pepper
Engiets wat jy nog kan aan dink wat dit interessant en lekker sal laat smaak.
Rol die maalvleis SONDER die aluminium-vel op soos jy ‘n jam-roll sal oprol.
(jy sal iemand nodig hê wat jou hiermee kan help)
Plaas dit in ‘n lang bak met diep rante (‘N BRAAIPAN IS IDEAL)
Druk dit maar met die hand stewig langs die kante as dit in die pan is.
Jy kan dit natuurlik met aluminium-vel in die pan sit, maar nie bedek nie. dus die vel moet net onder en langs die kante wees. (dis om die kante bietjie meer in posisie te hou).
Bak nou vir 45 minute.
Bedien met rys, ertjies en gebraaide aartappels.






