LEKKER GAMMON
Ek weet almal glo is sappe en souse en goeters maar ek wil die gerookte smaak van die gammon proe en al wat ons doen is die volgende:
Sit die gammon op ‘n omgekeerde piering in die kasserole met klein bietjie water onder in.
Sit die deksel van die kasserole op en bak in die oond tot gaar soos jy sou maak met skaapboud of wat ookal.
Gammon is klaar sout en gerook en het nie ekstra smaakmiddels nodig nie.

Ek weet my ma se vriendin vat die gammon na dit nou klaar gebak is, smeer so bietjie appelkooskonfyt oor die buitekant en sit weer in die oond dat dit so bietjie kleur kan kry buite.
So jy kan so iets doen as jy wil of selfs heuning as jy ook nie konfyt kan gebruik nie.

Idee: Naudéa Visser
Annatjie de Klerk: Kook dit in helte bier en helte water. Dit is ‘n wenner.