

KOFFIE WYN STEAK MET BALSAMIC GROENTE OP ROCKET
Dis eintlik so maklik…gekookte aartappel oopgesny en op rocket gesit.
Dan het ek tenderise steak vir so rukkie in koffee pinotage rooiwyn en speserye gele. So halfuur.
Dan het ek green, red en yellow pepper repies gesny en mushrooms kwarte gesny en heel klein tamaties saam gebraai en net voor ek dit afgehaal het, het ek Nuweland se balsamic, rooibos & rosemary glaze oorgegooi.
Dit eenkant gehou en toe steak in dieselfde pan gaargemaak. Steak op aartappel gesit en die mengsel bo op en versier met nog rocket
BRON- MARIAN VAN DEVENTER






