

KNOFFEL, MOSSEL, SPEK EN BILTONG PASTA
Pasta ( jou gunsteling)
Pak gevriesde mossels
2 pakkies spek
Hand vol biltong
Koppie witwyn die res drink jy
Houertjie room
Chedder kaas so koppie
2 pakkies knoffel sous
Huisie knoffel
Vars dill ( soveel soos jy wil)
Tiemie
Basil
Sout
Peper
Ina Paarmen pasta spice
Rocket ‘n lekker handvol
(Ek dink ‘n ui en greenpepper en sampioene sal ook lekker saam dit wees…..het nie tyd gehad om als te sny nie)
Braai biltong, spek en mossels in bietjie olyfolie.
Sny kruie en knoffel op en die sout en peper en spice gooi by pot
Gooi wyn en houertjie room en kook tot gaar so min of meer 15 min, want als is so te se klaar gaar gebraai
Maak pakkies sous aan en gooi by. As dit te dun is verdik met Maizina.
Rasper kaas en meng by.
Sny rocket op net voor bediening en roer deur pasta.
O ja en moenie vergeet om die pasta te kook nie. Roues gaan nie werk nie. Ek is seker almal weet hoe om pasta te kook. Dreineer en meng met mengsel.
Viola daar het jy n lekker ete en dis vinnig en maklik.
Resep en foto: Marian van Deventer






