

KAAS OMELET
O gaats jong . . . nie eintlik resep nie maar hier is dit soos ek dit maak.
3 eiers
3 eetlepels koue water
sout en peper
Klits alles saam en giet in pannetjie.
Trek die kante sagkens weg soos dit gaar word en laat die rou eiermengsel dit vul.
Ek maak my plaat warm en sodra ek die mengsel in die pannetjie (waarin bietjie botter gesmelt is) giet, sit ek my plaat af.
Vanaand het ek sommer so ‘n halwe hand gesnipperde sprietuie in die eiermengsel gesit. Spinasie snippers is ook lekker, so ook peppadews en groen soetrissie stukkies. Vul die omelet met jou gunsteling vulsel en vou toe. Sny myne altyd daarna in die helfte. Dit vertoon vir my mooier in die bord.
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand






