GRAANVLOKKIE SJOKOLADE KOEKIES
Nou die koekies gebak…..is sondig lekker en maklik. Nie seker waar ek die resep gekry het nie, dalk nog op die blog, moet seker meer fokus waar ek die lekker resep gekry het……probeer gerus is yum verby !!
Lewer 4 dosyn koekies.
Maklik om te maak, maar jy sal nie kan ophou eet aan dié heerlike koekies nie.
250 g botter
125 ml strooisuiker
5 ml vanielje geursel
375 ml koekmeel
10 ml kakao
625 ml graanvlokkies – effens fyner gedruk
100 g donker sjokolade
30 ml room
ekstra graanvlokkies – om af te rond
Voorverhit die oond tot 180 ° C en smeer ‘n paar bakplate.
Verroom die botter en suiker tot lig en romerig.
Voeg die geursel by en klits goed.
Sif die koekmeel en kakao oor en roer by die bottermengsel in.
Roer die graanvlokkies by.
Skep lepelsvol op die bakplate en bak vir 15-20 minute tot gaar.
Laat op die panne afkoel en plaas dan op afkoelrakke.
Smelt die sjokolade en room saam tot glad en skep oor die koekies.
Sprinkel die ekstra graanvlokkies oor terwyl die sjokolade nog nat is.
Laat hard word en bêre in ‘n lugdigte houer.








