GAMMON
Sit in kastrol en bedek met coke/appel-/pynappelsap of mengsel daarvan met so ‘n skyf uie en paar peperkorrels as dit gepekel is of voeg sout by as dit vars is.
Laat kook tot sag en laat afkoel in die sous. (Dit is die geheim van ‘n sappige varkbraaistuk)
Haal uit en kook jou sous af tot ‘n stroop en verf die vleis daarmee.
Bak tot goudbruin in WARM oond of verf met aangemaakte mosterd en appelkooskonfyt.
Resep: Lorett Brittnell