

CHILLI -SOUS
– baie warm –
2 eetlepels olie
2 eetlepels koekmeel
1 ¼ koppies water
¼ teelepel sout
1 knoffel fyngekap
1 koppie groen chilli’s fyngekap, of helfte rooi en groen
2 eetlepels olie
2 eetlepels uie, fyngekap
2 eetlepels Sweet Chilli sous
½ teelepel suiker
klein bietjie fyn swartpeper
Braai uie, knoffel en chilli’s so ‘n bietjie tot amper gaar.
Voeg jou meel by en roer deur en braai ‘n bietjie.
Voeg jou water, sout, suiker en chilli sous by en prut so 5 – 8min.
Skep in botteltjie en laat afkoel.
Plaas in yskas.
Gebruik by enige gereg !!!Soos Seekos of in ‘n aparte bakkie of as ‘n pasta vir ‘n gereg!!!
Wees net voorbereid!!! Baie lekker en HOT!!
Resep: H Kruger






