

BROODROLLETJIES
Het vandag broodrolletjies gemaak vir by die braaivleis vanaand. Gewone brooddeeg gebruik maar iemand het vir my gesê om die helfte van die meel met bruismeel te vervang, want dan is jou deeg baie fyn en dit is so hoor. Regtig lig en heerlik sag. Probeer dit gerus.
3 koppies broodmeel
3 koppies bruismeel
1 koevertjie kits suurdeeg
1 teelepel sout
4 teelepels suiker
500 ml louwarm melk met so bietjie olyfolie daarin
Ekstra meel vir hande terwyl jy knie en bietjie margarien ook vir hande terwyl jy knie.
Meng meel en sout en suiker goed deur.
Meng dan die suurdeeg goed met die meelmengsel sommer met die hande.
Maak holte in meel en gooi melk mengsel en olyfolie daarby en begin meng en knie.
Partykeer het jy nog ‘n bietjie melk nodig of partykeer is dit te slap dan voeg net bietjie meel by.
Ek smeer gewoonlik my hande na ‘n tydjie met margarien en knie goed deur.
Maak toe en laat dubbel rys.
Knie af en rol liggies uit en druk ronde sirkels uit.
Sit op gesmeerde bakplaat en laat weer vir so ‘n ½ uur rys en bak 15 minute by 180ºC.
Regtig lekker !
Resep en foto: Marianne Jacoby






