OUMA SE MENGELMOES VRUGTEKOEK
PARDOEMSKOEK AANGEPAS
Ek het die resep vandag verdubbel en ipv 2 kg vrugtekoek mengsel is die 2de kg opgemaak van kafferwaatlemoen stukke en groenvye.Behalwe 2 lae bruinpapier onder in elke pan maak jy vir elke pan met waspapier so kraag wat binne in die pan teen die kante pas en wat so 2cm uitsteek bo die pan en alles word gesmeer.Omdat ek dit gebak het in broodpanne is die baktyd korter dis 90min lank gebak in my thermofan oond by 140 grade C,dalk sal dit langer moet bak in gewone element oond.Toets met toetspen en as dit skoon uitkom haal dit uit die oond.
1 kg vrugtekoekmengsel
250 g dadels fyn gesny
1 koppie kersies fyn gesny
1 koppie okkerneute fyn gekap
1 koppie brandewyn
250 g regte botter by kamertemp.
2 koppies suiker
5 eiers
4 koppies koekmeel
1 teelepel koeksoda
1 ½ koppie sterk warm koffie
½ koppie bruinsuiker
1 teelepel sout
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel fyn kaneel
½ teelepel neutmuskaat
¼ teelepel fyn naeltjies
1 opgehoopte teelepel kakao
Plaas al die vrugte in ‘n bak en giet 1 koppie brandewyn oor en laat staan oornag
Meng botter en suiker tot romerig en voeg eiers 1 vir 1 by en klits goed, voeg daarna speserye en bruinsuiker by, los koeksoda op in warm sterk koffie.
Sif meel en sout saam en voeg beurtelings met koffie by. Dis redelike slap deeg. Voeg vrugte by en meng goed deur.
Smeer 2 koekpanne met 2 lae gesmeerde bruinpapier uit en skep beslag daarin.
Bak by 140ºC in voorverhitte oond vir 3 ure of tot toetspen skoon uitkom en koeke van die rand van pan begin wegtrek.
Nadat die koeke uit die oond kom giet jy 3 eetlepels brandewyn oor elke koek terwyl die koeke vuurwarm is. Wanneer afgekoel draai jy die koeke toe in tinfoelie en dan dose jy elke week eenkeer per week die koeke tot kersfees tyd.
Bron- Naudéa Visser








