


SJOE SJOE DURBAN CURRY BUNNY
Ek het begin deur uie en knoffel te braai. Ek kook maar op gevoel so jy kan soveel of min insit soos waarvan jy hou. Dan sit ek Durban Curry in, vriende van my bring dit altyd vir ons van Durban af, dis soos ‘n mengsel van masalas en alles wat daarin moet gaan. Ons hou van brand kos so ek is nie skaam met die kerrie nie.
Ek koop ook ‘n breyani mengsel wat bay leaves, cumin seeds, naeltjies, star anise en cardanom en cinnamon sticks inhet, hulle gooi ek sommer baie in en braai dit saam met die uie en knoffel. Dan voeg ek bietjie asyn en suiker by en braai die spesery vir ‘n rukkie.
Voeg dan tenderised steak blokkies by en prut stadig vir so uur of wat. Sit dan net aartappel en wortels in blokkies gesny in en prut tot alles lekker sag is. op die einde sit ek Mrs Balls chutney na smaak by, dit rond dit net mooi af.
Resep en foto: Leanne Thurston Coetzer
2de foto: Lekker warm kerrie in roti gerol met nog kerrie sous bo oor…ietsie anders as die gewone kerrie en rys.






