Verhit die oond op 350⁰ F / 180⁰ C.
Klits die olie, suiker en eiers saam in ‘n groot bak totdat die mengsel glad en dikkerig is.
Voeg die vanilla geursel by.
Sif saam in ‘n ander mengbak: die meel, bakpoeier, sout en koeksoda.
Voeg nou die meelmengsel by die eiermengsel en meng tot glad.
Meng nou die karringmelk by.
Vou die klapper in.
Skep in muffin panne met papierhouertjies.
Bak vir 19 minute.
Haal uit panne en laat afkoel op draadrak.
Resep geplaas deur Merelda Hatzidarellis







