
Ek het die uie geskil, en ‘n kruisie bo en onder in gesny.
Dit in ‘n plastiek bak in growwe sout oornag laat lê.
Vanoggend eers die sout vinnig met koue water afgespoel en daarna vinnig met kookwater gespoel.
Die bottels in die mikrogolf vir 3 minute gesteriliseer.
Het ‘n boksie Pickling Spice gekoop en tussen die bottels verdeel.
Die uitjies in die bottels gegooi en daarna met bruin asyn volgemaak
BRON- Gillian Logan Bredenhann
Het vergeet om te noem dat die uitjies uit my eie tuin uit kom






