Ek het resep helfte gemaak
1 middelslag kopkool
100 g botter/margarien ek het olie gebruik
400 – 500 g spek
2 ml karwysaad – opsioneel
Sout en peper
Kerf kool fyn, smelt bietjie smeer in swaarboompot oor hoë hitte en braai bietjie kool op ‘n slag tot alles net sag is, skep uit en braai gesnipperde spek in dieselfde pot tot gaar en skep kool en karwysaad by, geur met sout en peper en laat braai nog ‘n rukkie tot goed warm is – lewer 8 – 10 porsies. Shame die arme korporaal was ‘n sjef in army, almal het koolpot verby gehou tot hy die resep by huisgenoot gekry het. Dit is lekker.
BRON- Marie Dumas Jennings