PEPPERMENT ROOMLEKKERS
180 ml kondensmelk
12.5 ml pepermentgeursel
495 g versiersuiker
±175 gb gesmelte donker sjokolade
Meng kondensmelk, geursel en versiersuiker in ‘n bak. Moet ‘n stywe deeg vorm wat jy bietjie met jou hande sal moet deurwerk totdat dit glad is. Die finale deeg moet ferm en nie klewerig wees nie.
Voeg ekstra versiersuiker of melk by om regte bestandheid te kry. Rol deeg met deeg roller uit tot ‘n dikte van ongeveer 5-10 mm. Sny vorms van keuse uit. Sit lekkers op kleefvrye bakplate om droog te word.
Laat vir etlike ure uitdroog, kan tot 12 ure neem. Giet gesmelte sjokolade in ‘n bak sodra lekkers droog is.
Laat val ‘n lekker liggies daarin keer dit om en haal dit met ‘n vurk of lepel uit. Lê dit op die bakplaat en en herhaal tot al die lekkers bedek is. Probeer gerus om die pepperment geursel met ander geursel soos kersie of lemoen te ruil.
Resep geplaas deur Leilanie Claassens