MILJOENERSKOEKIES
Broskors onder:
5 koppies meel
½ koppie suiker
½ koppie versiersuiker
500 g botter
knippie sout
Genoeg deeg vir 2 swissroll pannetjies.
Smelt botter eers en roer suiker by. Roer goed en voeg meel by.
Maak stywe deeg en druk vas in gesmeerde panne en prik met vurk. Bak plus minus 40 min teen 160°C.
Karamellaag:
75 g botter
50 ml stroop
1 blik kondensmelk
125 ml versiersuiker
1 doppie vanilla
Ek het die karamel alles saam gekook in ‘n glasbeker in mikro vir ongeveer 15 min en na elke minuut geroer. Dit was naby hardebol of stolfase.
Gooi karamel oor brosbrood terwyl dit nog ligbruin is en sit terug in oond tot die karamel begin borrel. Laat afkoel en net voor die karamel stol, gooi vlg sjokoladelaag oor.
Sjokoladelaag:
2 kop versiersuiker
25 ml kakao
2 desertlepels botter
Maak aan met bietjie vanilla en water, moet nie te loperig wees. Gooi oor karamel. Laat effe afkoel. Sny in blokkies. Geniet!
Bron: Stephanie Oberholzer