KERSIEBLATJANG
1 kg ryp suurkersies
375 g gebleikte sultanas
125 ml wit asyn
150 g wit of karamel suiker
5 ml gemaalde wonderpeper
2 ml gemaalde gemmer
Was en ontpit die kersies.
Verhit dit stadig saam met die ander bestanddele in ‘n emaljekastrol tot kookpunt, roer die mengsel aan die begin todat die suiker opgelos is.
Laat ongeveer 5 min lank vinnig kook en prut dit dan verder totdat die mengsel dik is.
Bottel die blatjang warm en verseel dit wanneer koud.
*Lekker vir later*