

KERSIES IN BRANDEWYN
500 g kersies, steeltjies verwyder
1 klein stukkie pypkaneel
250 g suiker
125 ml water
15 ml suurlemoensap
150 ml brandewyn
Was en droog die kersies af. Pak in ‘n warm gesteriliseerde glasfles met pypkaneel.
Meng die water, suiker en suurlemoensap in ‘n bak.
Mikrogolf 3 minute op volle krag en roer elke minuut.
Mikrogolf 4 minute sonder om te roer. Laat effens afkoel en voeg brandewyn by.
Giet oor kersies, verseël, plak etikette op en bewaar in ‘n donker plek.
Hou minstens een maand voor gebruik.
Sit kersies voor saam met ‘n skeppie roomys.
Die vloeistof kan ook deurgegiet en as likeur gedrink word.
FOTO: Liza Venter Steyn – Dit is regtig ‘n super maklike resep en as jy net die versoeking kan weerstaan om dit te eet raak dit net lekkerder met tyd. Ek het geel kersies en pers kersies ingele.






