


KERRIE ALA-WILMA
1.5 kg SHIN, opgesny en bene verwyder – hou die been
(Ek gebruik Shin want dit bevat die minste vet en senings)
2 groot uie (een opgekap) een in kwarte gesny
6 klein potjiekos aartappeltjies, gehalveer
4 wortels in skuinste opgesny
8 knopie sampioene opgesny
1 groenrissie grof opgesny
2 tamaties, velle verwyder en opgekap
Speserye:
4 huisies knoffel, opgesny
3 opgehoopte eetlepels sterk kerriepoeier
2 eetlepels braaispeserye
2 rissies opgekap (Jelapino’s)
Sout na smaak
10 peperkorrels
1 teelepel suiker (ek gebruik 2 Selati Versoetter sakkies)
1 sakkie tamatiepuree
Braai die opgekapte ui in kookolie tot sag maar nie bruin nie… skep uit. Braai nou die vleis bietjie op ‘n keer tot bruin… skep die uitgebraaide ui weer terug saammet die vleis in ‘n pot, strooi al die speserye oor en braai tot die vleis en uie deurgetrek is met speserye.. Bedek met water en kook vir ongeveer 15min. Kook die bene in 300ml water tot die murg uitgekook is en voeg die murgwater ook by die vleis.
Voeg al die groente behalwe die tamatie en sampioene by en prut vir omtrent ‘n uur tot al die groente sag maar nie pap is nie..Hou aan water bygooi indien dit droogkook… MOENIE DIE KERRIE BRAND NIE!
Voeg nou die tamaties en sampioene by.. Maak ‘n pasta van die tamatiepuree en 3 opgehoopte eetlepels Maizena. Vul die houer waarin die pasta aangemaak is met water (250ml) en gooi oor die Kerrie. Indien die Kerrie te waterrig is, maak dikker met nog ‘n bietjie maizena… laat vinnig kook vir omtrent 5 minute..
Bedien met Basmatirys, piesang, klapper en blatjang…
‘n Sambal seleksie is ook baie lekker saammet hierdie kerrie.. gemaak van opgekapte uie, tamatie, rissies, greenpepper, engelse komkommer en gegeur met asyn, suiker, sout en peper…
GENIET!
Foto en Resep: Wilma Josey Venter






