GEURIGE SPESERY-EEND MET PYNAPPEL
(4 porsies)
1 groot eend
1 teel gemmer
1 teel kaneel
Knippie naeltjies
1 blik (439g) pynappelstukke
½ kp rosyne
Bietjie gerasperde suurlemoenskil
Sout en peper
Ongeveel 2 kp pynappelsap
1 eetl kweperjellie
3 eetl medium sjerrie
1 blik pynappelringe of halwe appelkose om mee te garneer
Metode:
Geur die eend binne liggies met sout en peper. Meng al die speserye en meng dan die helfte van die mengsel met die pynappelstukke, rosyne en suurlemoenskil.
Stop nou die eend met hierdie mengsel en plaas dit in ‘n braaipan. Vryf die res van die speserye en bietjie botter oor die eend.
Braai dit 1 ½ – 2 ure lank in ‘n matikoege (190°) Bedruip die eend gereeld met die oondpansappe en helfte van die pynappelsap terwyl dit braai. Sny die eend in netjies porsies wanneer dit gaar is en rangskik op ‘n mooi opdien vleisskottel. Hou dit warm.
Plaas nou die res van die vulsel, al die oondpan sap (meng met bietjie water) die pynappelsap wat oorgebly het, die kweperjellie en die sjerrie in ‘n kastrol en laat ongeveer vir 10min kook. Die sous moet effens blink en dik word.(Indien verkies kan die sous verdik word.)
Gooi die sous deur ‘n sif, en skep dit oor die porsies eend. Versier die eend met pynapperinge of halwe appelkose en sit voor. Hierdie gereg is heerlik saam met safraanrys of oudtydse borrie rys met rosyne.