
GEROOKTE HAM IN BIER
2,5 kg gerookte ham (vra u slagter om die been te verwyder)
280 ml gemmerlimonade of 7-Up
1 koppie molasse
2 teelepels droë mosterd
1 teelepel peper
1 koppie bier
Verwyder die vel van die gerookte ham en sny die vet diagonaal in ‘n diamantpatroon. Week die ham in gemmerlimonade of 7-Up vir ten minste 2 ure om oortollige sout verwyder. Dreineer.
Stop die bokant met naeltjies. Plaas ham in die middel van ‘n groot stuk foelie in ‘n vlak braaipan.
Meng die molasse, mosterd, peper en bier en giet oor ham. Bedek heeltemal met foelie sodat die sous nie kan ontsnap nie.
Bak teen 200ºC (400ºF) vir 40 minute per kilogram.






