
DROË VRUGTESLAAI MET MOSTERD
Slaai:
250 g gemengde droë vrugte, gekook in rooibostee
Maak genoeg rooibostee om die vrugte te bedek en kook tot vrugte sag is.
6 piesangs, in skywe gesny en afgespoel in bietjie suurlemoen koue water om verbruining te voorkom. Piesangs moet nie oorryp wees nie.
Sous:
1 blik kondensmelk
¼ koppie olie
½ koppie asyn
½ teelepel sout
2 teelepels mosterdpoeier
Meng alles goed saam en meng met die vrugte en piesang.
Laat rukkie staan in die yskas vir die geure om te trou.
Heerlike saam met braaivleis.






