BESTE KOEKSISTERS OOIT
Ek deel graag my skoonsus, Susan se heerlike koeksister-resep met julle – sy bly in Londen en sy bak gereeld
SUSAN SE KOEKSISTERS
STROOP
14×250 ml suiker
7x 250 ml water
1/4 k suurlemoensapen hoogvol teelepel fyn gemmer.
Kook en roer tot suiker gesmelt.
Draai plaat af en kook nog 12 min. Gooi 2 eetlepels gliserien by.
Laat afkoel en vries.
DEEG
4 x hoogvol koppies meel
20 ml (rond geskep) bakpoeier
1 groot eier
55g stork margarien
+_375 lou water
3 ml sout
METODE
Sif meel, bakpoeier en sout.
Vryf margarien in.
Klits eier en voeg lou water by en klink tot skuimerig. Gooi bietjie bietjie by meel. Knie goed. Maak toe in ligdigte houer. Laat staan vir minstens n uur.
Rol en vleg koeksisters.
Bak in warm olie
Doop nou die warm koeksisters in die yskoue stroop
Resep en foto: Susan Steyn, Chal Font St Peter – Londen
2de foto: Anna-Marie Cronje