ANDERSE LASAGNE
Benodighede
1 pak Spinasie Lasagne velle
450g Spinasie – gekook, goed gedreineer en fyn gekerf
2 x 250g pakkies gesnipperde sampioene
800g cheddar kaas, gerasper
150g botter
75g koek meel
800ml tot 1lt melk
1 groot ui grof gekap
500g maalvleis
halwe pakkie gesnipperde spek of ham as jy nnie spek het
4 huisies knoffel, fyn gekap
50g tamatie pasta
15ml vars basil fyn gekap
klein bietjie vars pietersielie – fyn gekap
knypie nutmeg
sout en swaqrt peper na smaak-
Verhit oond tot 200°C
Spuit oonbak met Spray and Cook
‘n ‘n diep pan, smelt 100g botter en braai ui, knoffel en sampioene sag, voeg spek by en braai tot gaar en effe bros, voeg maalvleid by en roerbraai vir ‘n paar minute tot vleis heeltemal opgebreek en los is. Voeg tamatie pasta, sout en peper by… maak seker dis nie sopperig nie, maar droog gebraai, voeg dan spinasie by en roer goed deur, saam met 200g kaas, voeg nutmeg engekapte basil by roer deur en laat eenkant staan.
Verhit die melk in ‘n beker in die mikrolf en hou eenkant
Smelt die oorblywende botter, voeg meel by en maak dik witsous deur die melk gelydelik bytevoeg. voeg 100g kaas by en roer goed deur tot al die kaas gesmelt is. Voeg sout en peper by na smaak.
Vat nou van die vleis mengsel en skep ‘n laag in gesmeerde bak, gevolg deur ‘n laag Spinasie Lasagne. Gooi helfte van sous bo-oor en versprei egalig, herhaal met oorblywende produk tot opgebruik. Stooi oorblywende kaas bo-oor en bak in warm ood vir ongeveer 30 – 40min tot gaar.
Laat staan vir so 10 min voor opdiening. Bedien saam met slaai of soet groente
Susan Katryn JV Rensburg