

ANDERSE LASAGNE
1 pak spinasie lasagne velle
450 g spinasie – gekook, goed gedreineer en fyn gekerf
2 x 250 g pakkies gesnipperde sampioene
800 g cheddar kaas, gerasper
150 g botter
75 g koekmeel
800 ml tot 1 liter melk
1 groot ui grof gekap
500 g maalvleis
½ pakkie gesnipperde spek of ham as jy nie spek het
4 huisies knoffel, fyn gekap
50 g tamatiepasta
15 ml vars basiliekruid fyn gekap
klein bietjie vars pietersielie – fyn gekap
knypie nutmeg
sout en swart peper na smaak-
Verhit oond tot 200°C.
Spuit oonbak met Spray and Cook.
In ‘n diep pan, smelt 100 g botter en braai ui, knoffel en sampioene sag, voeg spek by en braai tot gaar en effe bros. Voeg maalvleis by en roerbraai vir ‘n paar minute tot vleis heeltemal opgebreek en los is. Voeg tamatiepasta, sout en peper by, maak seker dis nie sopperig nie, maar droog gebraai. Voeg dan spinasie by en roer goed deur, saam met 200 g kaas, voeg nutmeg en gekapte basiliekruid by, roer deur en laat eenkant staan.
Verhit die melk in ‘n beker in die mikrolf en hou eenkant.
Smelt die oorblywende botter, voeg koekmeel by en maak dik witsous deur die melk gelydelik bytevoeg. Voeg 100 g kaas by en roer goed deur tot al die kaas gesmelt is. Voeg sout en peper by na smaak.
Vat nou van die vleismengsel en skep ‘n laag in gesmeerde bak, gevolg deur ‘n laag spinasie Lasagne. Skep helfte van sous bo-oor en versprei egalig, herhaal met oorblywende produk tot opgebruik. Stooi oorblywende kaas bo-oor en bak in warm oond vir ongeveer 30 – 40min tot gaar.
Laat staan vir so 10 min voor opdiening. Bedien saam met slaai of soet groente
Resep en foto: Susan Katryn JV Rensburg






