
BEREMENGSEL VIR MELKTERT
1 kg bruismeel
1 pak (500 g) mielieblom
800 g volroommelkpoeier
1 kg suiker
15 ml sout
250 g magarien gerasper
Meng al die droë bestanddele goed saam in n groot mengbak. Voeg die magarien by en vryf met jou vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Skep in lugdigte houers en bewaar in die yskas. (Lewer 20 x 250 ml beremengel).
Melktert:
375 ml beremengsel
750 ml warm water
3 ekstra groot eiers, geskei
paar druppels amandelgeursel
3 stukke pypkaneel
Kaneelsuiker om bo-op te strooi
Voorverhit die oond 190ºC.
Spuit ‘n oondvaste 24 cm tertbord met kleefwerende middel. Voeg die warm water by die beremengsel en meng tot klontvry. Voeg eiergele, n paar druppels amanderlgeursel en die pypkaneel by. Verhit oor matige hitte tot kookpunt en tot wanneer die mengsel verdik. Roer gedurig. Verwyder van die hitte, laat effens afkoel en verwyder die pypkaneel. Klits eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou by die mengsel in. Giet in die voorbereide tertbord en bak sowat 25 minute of tot die tert gaar en effens bruin van bo is. (Die tert is gaar wanneer die mengsel gestol het. Dit word egter nog stywer wanneer dit afkoel en sal ook ‘n bietjie terugsak in die tertbord.) Sprinkel kaneelsuiker oor. ( Lewer ‘n middelslagtert).
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Carol Visser






