VERNEUK POEDING
1 rol skilferkorsdeeg ontdooi
750 g patats (ongeveer 3 middelslag)
¼ koppie water
½ koppie suiker
Sous:
1 koppie bruin- / witsuiker
½ koppie botter
2 teelepels kaneel
Voeg die bestanddele vir die sous in ‘n potjie en verhit stadig op die stoof totdat die suiker gesmelt is. Plaas die sous eenkant.
Voorverhit die oond tot 200ºC en spuit ‘n oondpan met kleefwerende kossproei.
Skil en sny die patats. Plaas die patats in ‘n kastrol met die water en suiker en bring tot kookpunt. Kook die patats tot sag. Verwyder die patats van die stoof en laat staan eenkant om af te koel.
Maak die patats fyn met ‘n vurk, maar nie tot ‘n pappery nie.
Rol die skilferkorsdeeg oop en smeer die fyn patats oor die deeg. Rol die deeg met die patat op soos ‘n rolkoek. Sny dik skywe van ongeveer 3 tot 4 cm dik en plaas die skywe in die oondpan.
Giet die sous eweredig oor die patatskywe in die oondpan en bedek dit met foelie. Plaas die bak met die patatskywe in die voorverhitte oond en bak vir 30 minute.
Verminder die hitte na 180ºC, verwyder die foelie en bak vir ‘n verdere 10 minute.
Sprinkel fyn neute oor die gereg indien verkies.
Heerlik net so of met roomys, room of vla.
Resep: Gerdamarie Matthee
One thought on “VERNEUK POEDING”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.









Done