


SEEKOS MACARONI EN KAAS
4 – 6 porsies
250 g macaroni gekook en gedreineer
3 skelvis fillette (haddock) gekook in
3 koppies melk (hou melk eenkant),
1 ui in dun ringe gesny en gebraai in goeie olyfolie tot sag, voeg
1/2 tl tiemie en
1/2 tl gekapte knoffel by, braai paar sekondes saam
1 blikkie tuna (gedreineer)
1 blikkie mossels
peri-peri of rissiepoeier na smaak.
2 kp Gerasperde kaas vir die witsous
1 kp Italiaanse kaas van jou keuse om bo oor te strooi
Maak witsous van melk waarin skelvis gekook is maar pasop vir te veel sout (skelvis is reeds sout).
Gebruik 2 eetlepels botter, 3 eetlepels meel en ongeveer 2 koppies melk om die witsous te maak.
Smelt die botter, roer die meel by dat dit ‘n pasta maak en gooi die lou warm melk by terwyl jy klits. Kook deur tot die sous lekker dik is, pasop vir aanbrand. Mikrogolf werk net so goed, roer net gereeld sodat daar nie klonte vorm nie. voeg die 2 kp kaas by en meng deur. Sit eenkant neer.
Indien die sous te dun is, pas net die meel bietjie aan.
Braai die uie in olyfolie tot deurskynend en voeg die tiemie, peri-peri en knoffel by, roer en braai net vinnig deur.
Meng macaroni, gevlokte skelvis, blikkie tuna, blikkie ongedreineerde mossels, uie mengsel en witsous. Skep in gesmeerde oondbak, strooi 1 kop harde italiaanse kaas bo-oor en bak tot gestol en goudbruin.
Nota: Parmesan of mozzarella, werk baie goed maar enige italiaanse kaas van jou keuse..
HEERLIKE ALTERNATIEF OP DIE GEWONE.
Resep en foto geplaas deur Annetjie van Huyssteen
2de Foto: Adam Cloete – gedoen met Cheddar kaas
One thought on “SEEKOS MACARONI EN KAAS”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Ek het hierdie Seekos Macaroni en Kaas gemaak, maar met Geelstert.
Die witsous het ek gemaak met 2 eetlepels botter, 3 eetlepels meel en 2 koppies melk waarin die vis gekook is en natuurlik die kaas soos in die resep voorgeskryf. Ek het dit vir 40 minute op 180ºC in my gasoond gebak. Die sous was nie dik genoeg om styf te stol sodat mens dit in blokkies kon sny nie, (daarvoor sou ek meer meel en ‘n eier bygesit het) maar dit was heerlik romerig en regtig baie lekker.