ONGEBAKTE VRUGTEKOEK
115 g botter
115 g suiker
115 g glasuurkersies, gekap
225 g sultanas
225 g dadels, fyngekap
225 g mengsel geroosterde amandels en pekanneute
3 ml kakaopoeier
1 eier
1 pakkie Marie-koekies, in stukkies gebreek
Sit die botter en suiker in ‘n kastrol en laat kook. Haal van die plaat af.
Voeg die kersies, sultanas, dadels, neuter en kakaopoeier by.
Voeg die eier en die gebreekte koekies by en meng deeglik.
Smeer ‘n broodpan en gooi die mengsel daarin.
Druk dit stewig in die pan vas om seker te maak dat die bestanddele aanmekaar kleef.
Bêre oornag in die yskas, haal dit uit die pan en sny in skywe. Bêre in ‘n lugdigte houer.
WENK:
Spaar tyd en gebruik ‘n voedselverwerker om die koekies te breek.
ONGEBAKTE VRUGTEKOEK
3 pakkies Mariebeskuitjies
1 bakkie kersies
2 pakkies droëvrugte (250 g)
500 g margarien
16 eetlepels suiker
4 geklitste eiers
Breek die Mariebeskuitjies in stukkies, nie fyn.
Snipper een bakkie van die kersies en al die droëvrugte.
Voeg dan alles by die beskuitjies.
Smelt die margarien saam met die suiker.
Roer helfte van beskuitjies by.
Voeg dan die geklitste eiers by en roer terwyl die mengsel op die stoof is.
Haal af, voeg res van beskuitjiemengsel by roer deur.
Druk in oondpan, laat afkoel.
Sny blokkies.
Resep geplaas deur Piet Hazel de Jager
geskuif