MAKLIKE VRUGTEKOEK
3 koppies koekmengsel
1 ¼ koppies suiker
2 koppies water
125 g botter
150 g glans kersies
Kook alles saam vir 25 minute , voeg die volgende by:
1 teelepel koeksoda
1 koppie gesnipperde dadels
Laat afkoel en voeg by:
¼ koppie brandewyn
2 eiers effens geklits
1 teelepel mixed spice
2 teelepel bakpoeier
2 koppies koekmeel
Meng goed, skep in voorbereide pan of panne en bak in voor verhitte oond op 150 ºC vir uur en 45 minute tot 2 ure.
Smeer brandewyn oor as klaar gebak is !
Laat heeltemal afkoel en verpak.
Resep: Rinie Louw








