(ek het die resep gebruik uit Kokkedoor maar net so effens verander so ek sit myne op soos wat my foto is).
2 kg lamskenkels
2 eetlepels Dijon mosterd
sout en peper na smaak
10 knoffelhuisies
1 takkie roosmaryn
2 koppies lamsvleisaftreksel
blokkies wortel, aartappel en uie na smaak
Vryf die lamskenkels met die Dijon mosterd, sout en peper na smaak.
Druk die knoffelhuisies en roosmaryn tussen die vleis in.
Giet die lamsvleisaftreksel of water oor die vleis en bak dit in die oond vir 3 ure teen 160°C.
Na 2 ure voeg die blokkies wortel, aartappel en uie by.
Skakel die oond af na 3 ure en laat die vleis in die oond afkoel.
Trek die vleis van die bene af sodat dit koel genoeg is om te hanteer.
Druk die heel stukkies knoffel fyn en haal jou groentes uit die pan uit en meng deur met die vleis en groente.
Neem die pansappe in die pan en voeg die sap van 1 suurlemoen by en verhit dit.
Maak die sous dik met 1 teelepel mielieblom.
Proe en geur met sout en peper en voeg van die sous by jou vleis en groente mengsel.
Verdeel in individuele bakkies of een groot bak.
SUURROOMKORS
100 g botter (nie margarien) in klein blokkies gesny
150 g koekmeel
125 ml suurroom
Voeg die botter en koekmeel bymekaar. Meng deur met jou vingerpunte totdat dit lyk soos fyn broodkrummels.
Voeg die suurroom by en druk die deeg net liggies bymekaar tot dit ‘n deegbal vorm.
Draai toe in kleefplastiek en sit dit vir 20 minute in die yskas.
Rol die suurroom deeg uit so 5 mm of dikker en sit die deeg oor jou pasteitjies.
Smeer met geklitste eiergeel en smeer oor die kors.
Bak vir 25 – 30 minute lank in ‘n voorverhitte oond teen 200°C tot die kors goudbruin en gaar is.
Bron- Leanne Thurston Coetzer