Kook die gemengde groente vir 10 minute en skep uit kastrol.
Stoom die spinasie vir 10 minute, droog af en versnipper.
Maak die soppoeier met die water aan.
Meng die groente en spinasie en knoffel in ‘n oondbak. Giet die sopmengsel oor. Strooi die kaas oor. Giet die deeg oor. Bak teen 180°C vir 20 minute of totdat die kors ligbruin is.
Deeg vir kors:
200 ml koekmeel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
½ koppie melk
½ koppie olie
1 eier
Meng die droë bestanddele. Klits die melk, olie en eier saam. Meng met meelmengsel.
Resep: Adri van Staden








