SPRITE SKONS
250 ml room
250 ml sprite
3½ koppies bruismeel
½ teelepel sout
2 eetlepel suiker opsioneel
Verhit oond tot 220 ºC.
Sif meel en sout (en suiker) en sny room en sprite liggies daarin
Rol uit en druk met drukker, plaas op bakplaat en smeer met eier of melk.
Bak vir 15 – 20 min
Foto Heidi Rowe
Nota: Indien jy die skons wil uitdruk, gebruik ongeveer 230-250ml as jy sommer ‘n slap degie wil he en dit in muffin panne bak, gebruik die groot blikkie sprite (330ml) hier kan jy jou diskresie gebruik








Baie lekker resep. Vinnig en lekker.