

CRANBERRY EN KLAPPER KOEKIES
250 gr gesmelte margarien
500 g suiker
3 eiers
1 teelepel vanilla geursel.
halwe teelepel sout
1 koppie Cranberries gedroogde
1 koppie klapper
500 gr bruismeel
Oond 150° C.
Meng suiker by gesmelte margarien en roer eier, cranberries, klapper, sout en vanilla by. Meng bruismeel bietjie vir bietjie by en meng deur met die hand tot lekker stywe deeg.
Rol in balletjies so groot soos okkerneute en plaas op gesmeerde bakplaat, druk effens platter en bak vir 25 minute of tot mooi goudbruin. Koel op pannetjie af en dan afkoel rakkie en verpak in lugdigte houer.
(Ns. Ek het suiker, botter(geselte) by cranberries in my chopper gesit en bietjie fyner gemaakwant canberries is effe taai amper soos dadels)
Baie lekker
Resep en Foto: Wilna Dorfling






