


BALSAMIEK PêRELS (BALSAMIC DROPS)
100 ml balsimiekasyn
1 ½ g agar agar
1 koppie koue olyfolie (Plaas in vrieskas in ‘n lang glas vir so 30 min.)
glas koue water.
Bring balsimiek en agar agar tot kookpunt. Haal van stoof af. Koelaf vir so 3 min.
Gooi drupsgewys met spuitnaald in koue olie. Hou die naald hoog bo die glas dat die druppels kan inplons. Haal uit die olie en plaas dadelik in glas koue water. Dreineer en plaas in flessie met olyf olie.
Bron en Foto: Martie Fourie Moolman






