


OONDGEBAKTE HOENDERKERRIE
8 hoenderstukke
½ rooi soetrissie, in repe gesny
1 klein ui, in blokkies gesny
sout en swart peper
125 ml blatjang
125 ml mayonnaise
1 pk bruin uiesoppoeier
200 ml Bulgaarse jogurt
20 ml kerriepoeier
20 ml tamatiepasta
5 ml borrie
10 ml fyn komyn
fyn gekapte vars brandrissie na smaak
Plaas die hoender, soetrissie en ui in ‘n vuurvaste oondbak met ‘n deksel en geur met sout, peper en speserye van jou keuse.
Meng res van die bestanddele en giet oor die hoender en strooi 2 teelepels suiker oor.
Bak vir een en ‘n halfuur in voorverhitte oond by 180º C.
Roer halfpad deur die gaarmaaktyd. Aan die einde word deksel verwyder en stel die oond op rooster om die gereg bietjie te verbruin.
Foto en resep: Gideon Louw
2de foto: Ansi Pypers Fourie – Ek het wel resep effe aangepas. 1 koppie rooiwyn by sous, en dan kaneel en gemmer by.






