Jy vat 2 eetlepels olie en 2 eetlepels matige kerriepasta en smeer dan die lamtjoppies daarmee. Dan sprinkel jy die tjoppies met ‘n teelepel Komynsaad en druk dan ‘n suurlemoen se sap daarop uit.
Dan braai jy dit.
Nota: Die tjoppies is heerlik hoor, sal dit beslis weer so maak, dit oorweldig nie die vleis nie, beslis ‘n wenner gewees!
Leanne Thurston Coetzer








