Ek stoom my blomkool in ‘n chinese hout steamer tot sag maar nog krakerig (dus net ‘n paar minute) Die hout gee ‘n lekker smaak.
Dan maak ek ‘n kaassous:
1 koppie melk
25 ml maizena
2 5 ml botter
handvol cheddar kaas
sout en baie swart peper
Kook die melk en botter, maak die maizena aan met bietjie melk, en voeg by die warm melk, roer heel tyd. Wanneer verdik, voeg die kaas, sout en peper by en ;aat vinnig deurkook. Pasop vir aanbrand.
Sprinkel ‘n bietjie fyn neut oor die blomkool en skep die sous oor.
My ma het altyd die neut in so ‘n meultjie gedraai, maar ek koop nou maar die fyn neut. Dit smaak nes my ouma s’n!
Resep en foto: Maria Liebenberg








