Ek stoom my blomkool in ‘n chinese hout steamer tot sag maar nog krakerig (dus net ‘n paar minute) Die hout gee ‘n lekker smaak.
Dan maak ek ‘n kaassous (1k melk / 25ml maziena / 25ml botter en ‘n handvol cheddar kaas + sout en baie swart peper) Dan sprinkel ek ‘n bietjie fyn neut oor die blomkool en gooi die sous oor.
My ma het altyd die neut in so ‘n meultjie gedraai, maar ek koop nou maar die fyn neut. Dit smaak nes my ouma s’n!
Maria Liebenberg