

HOENDER EN LIETSJIESLAAI
15 ml (1 eetlepel) olyfolie
1 ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus
5 ml (1 teelepel) kerriepoeier
1 groot blik lietsjies, gedreineer, maar behou die sap
15 ml (1 eetlepel) blatjang
125 ml (½ koppie) mayonnaise
250 ml (1 koppie) natuurlike jogurt
So 4 tot 5 gaar hoenderborsies, hapgrote stukkies gesny
sout en peper
kersie tamaties
seldery
½ koppie geroosterde neute van jou keuse
slaaiblare
koljander
Verhit die olie en roerbraai die ui en knoffel daarin tot sag.
Voeg die kerrie by en roer deur. Voeg die lietsjiesap by en meng deur.
Kook af tot geurig. Roer die blatjang, mayonnaise en jogurt by.
Meng nou die hoender met die sous.
Voeg die lietsjies by.
Rangskik die slaaiblare op ’n dienbord, skep die hoendermengsel bo-op en rond af met koljander, kersie tamaties en neute.
Foto en resep: Louise Venter






