Eiers
As jy ‘n gekookte eier se dop oopgesny het en dis nog te rou na jou sin, plaas die afgesnyde deel terug en bedek die hele eier met kleefplastiek. Sit dit terug in die kookwater en kook dit verder
As jy die eier oopbreek om dit gaar te maak, gooi dit altyd eers in ‘n piering anders kan jy dalk die ander eiers in die pan bederf as hy sleg is.
As jy eiers oopbreek en die eierwit en eiergeel loop dadelik dan is die eiers nie baie vars nie.
As jy koek bak en jy sit dalk sonder eiers, gebruik asyn. 1 teelepel asyn is die ekwivalent van 1 eier. Veral belangrik as jy ‘n cholesterolvrye dieet volg.
Bêre eiergeel in ‘n koppie in die yskas en bedek met koue water om te keer dat ‘n skil vorm. Gebruik binne vier dae.
Die kleur van die eier het nie noodwendig ‘n negatiewe uitwerking nie.
Dop gekookte eiers dadelik af om te keer dat ‘n swart ring om die eiergeel vorm.
Eiers by langer vars as hulle by ‘n temperatuur van 5°C en by ‘n vog gehalte van 70% tot 80% bewaar word.
Gebruik mayonnaise om oor pasteie te smeer: Dit bevat ook eiers en so spaar jy ‘n eier.
Gebruik natuurlike produkte om Paas-eiers te kleur.
Beet – Rooi
Saffron – Geel
Spinasie sap – Groen
Geklitste eiers met ‘n knippie sout kan vir drie maande gevries word.
Gooi gekookte eiergeel in ‘n ‘zip-lock’ sakkie. Seël sakkie en druk fyn. Gooi ander bestanddele by en meng goed.
Sny nou die punt van die sakkie stukkend. Druk die inhoud by die gaaitjie uit. Gooi dan die sakkie weg.
Kyk wanneer is hulle verval datum – Januarie word byvoorbeeld aangedui as 001 en Desember as 365.
Maak seker die eiers is op ‘n koel plek as jy dit aankoop – dit voorkom dat organismes groei.
Moenie gekraakte of vuil eiers koop nie.
Moet nooit ‘n eier in die dop in ‘n mikrogolf kook nie, want dit sal ontplof.
‘n Gekraakte eier bly bruikbaar as jy die kraak met botter verseël en die eier dan kook.
‘n Lepel asyn in die water wanneer jy ‘n eier posjeer keer dat die wit versprei.
Om eiers langer te laat hou meng jy 400g ongebluste kalk met 6 liter water en plaas die eiers daarin.
Om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook, sit ‘n speld of teelepel in die kastrol.
Om te toets of ‘n eier vars is, sit dit in ‘n maatbeker met 600ml water.
As die eier baie vars is, sal dit op die sykant op die bodem lê.
Sny hardgekookte eiers deur met mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie.
Vir lekkerder roereiers of omelette, klits suurroom, roomkaas of room by.
Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars.
Wanneer jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel oor die olie voordat hy die eier in die pan breek.
Die eier sal dan nie aan die boom van die pan vassit nie.
BRON- Boererate & Verbruikers-Wenke
EIERS
HOE OM EIERS TE BEWAAR EN TE VRIES
HOE OM EIERS TE BEWAAR
Nadat jy inkopies gedoen het, gaan reguit huis toe en bêre die eiers in ‘n yskas of temperatuur van 4,5grade C of koeler.
Hou dit in die eierhoue en plaas in die koudste deel van die yskas.
Moenie eiers was nie – die beskermende lagie minerale-olie sal afgewas word wat die kans vergroot dat bakterie”e die dop kan binnedring.
As jy te vinnig oor ‘n spoedhobbel gery het en jy kom met ‘n klomp gekraakte eiers by die huis aan, breek hulle in ‘n skoon houer oop, bedek goed en bewaar in die yskas, maar gebruik binne twee dae.
Eiers behoort nie langer as twee uur buite die yskas l^e voordat dit gebruik word nie.
OM EIERS TE VRIES:
Eierwitte kan net so, sonder enige byvoegings, gevries word.
Eiergeel kan met groot sukses gevries word deur vir elke 12 eiers, 5ml sout of 20ml suiker of heuning of 10ml gliserien by te voeg.
Die gevriesde eiers moet egter eers goed ontvries voordat jy dit kan gebruik.







