BROOD
As jy vleisbraai en die brood is klaar – bak vinnig ‘n broodjie deur 500g bruismeel met een blikkie bier en voeg ‘n teelepel sout by. Meng alles saam en bak in ysterpot oor die kole of in die oond._
Braaibrood op die rooster is geneig om op te krul en die vulsel val dan uit. Bind net oorkruis vas met ‘n stukkie gare en die brood sal sy vulsel hou. Die gare sal nie brand nie._
Doop ou brood in water en bak dit dan weer in die oond. Dit sal vars smaak.
Indien die hout broodbord kromgetrek is, plaas dit op ‘n plat oppervlakte met ‘n klam doek bo-op vir ten minste 24 uur.
‘n Halwe aartappel in die blik hou brood vars.
‘n Stuk brood in die houer oornag maak bruinsuiker wat hard geword het weer sag.
Plaas ‘n koppie water in die mikrogolfoond as jy gevrieste brood, beskuit, pannekoek of muffins ontdooi. (Die vog sal verhoed dat die kos uitdroog.)
Plaas ‘n pakkie sout in die broodblik om jou brood vars te hou.
Bron- Boererate & Verbruikers-Wenke