VLA EN APPELBALLETJIES
vars appels
suiker
kaneel
sout
vlapoeier/ suiker en melk
steranys en vars gemmerwortel
puff pastry
Skil die appels af en rol balletjies uit die appels uit.
Sit genoeg suiker en kaneel in ‘n pan met ‘n bietjie water (baie min) en ‘n bietjie sout.
Kook ‘n stroop, sodra die suiker opgelos is gooi die appelballetjies in en kook stadig tot die begin sag word, maar nie pap nie.
Skep uit die balletjies en kook die stroop verder tot dit bietjie dikker is.
Plaas die appelballetjies terug en laat staan eenkant.
Maak ‘n lekker dik vla:
Kook die melk met die steranys en stukkie vars gemmer, haal die anys en gemmer uit.
Maak die vlapoeier en suiker aan met bietjie water en meng in die melk in, laat deurkook tot lekker dik.
Sny die deeg in vierkante (2 per tertjie) druk nou ‘n sirkel uit een van die vierkante.
Smeer die onderste een met melk en sit die een met die gat bo-op. Verf met melk.
Pak op ‘n bakplaat, sit sommer die sirkel wat uitgedruk is ook op die plaat.
Bak vir ongeveer 12 – 15 min by 200°C tot net mooi bruin en uitgepof.
Wanneer bietjie afgekoel, skep van die vla in die gatjie, druk maar so bietjie af.
Sit dan een van die appelballetjies bo-op die vla en skep so bietjie van die karamelstroop oor.
Laat staan om heeltemal af te koel en versier met steranys.
Skep so bietjie vla en ekstra appelballetjies op die bord indien jy dit as nagereg bedien.
Foto en resep: Rina Kleinhans